DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die Foyer
09:00 Oggenddiens (Reon du Plooy)
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en Tee in die Foyer
18:15 Jeugvriende: Les 3 (Bokse en Balle)
18:30 Aanddiens (Reon du Plooy)
Maandag
18:00 GKF Vergadering
Dinsdag
Hospitaalbesoek (Coenie Calitz)
08:00 Personeelvergadering
Woensdag
18:00 Jeugsel (Coenie Calitz)
19:00 Agapé Omgeegroep – Hoffstr 31
Donderdag
Hospitaalbesoek (Reon du Plooy)
12:00 Bydraes Onder Ons sluit
19:00 Gilead Omgeegroep (Louwstr 15)
Vrydag
07:00 Manne-biduur
Sondag 26 Feb
08:00 Koffie en tee in die Foyer
09:00 Oggenddiens (Coenie Calitz)
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en Tee in die Foyer
18:15 Jeugvriende: Les 4 Christus kies my vir aksie
18:30 Aanddiens (Reon du Plooy)
GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Annatjie Noeth
• Hannes Noeth
• Bessie Prinsloo
• Laura lamprecht
• Corne Kleynhans
Bid ook vir Tannie Marie Joubert wat baie siek is.
GROOT VERLIES
Dr Roelie van der Spuy se vrou, Sandra, is Maandagaand skielik en onverwags oorlede.
Roelie het Woensdag in Suid Afrika aangekom die dag saam met sy kinders spandeer. Ons almal is nog baie geskok oor die gebeure en 'n mens stoei in jou gedagtes met 'n klomp hoekoms en waaroms. 'n Mens kan ook nie help om te wonder waarom iemand wat besig is om te help met Bybelvertalings vir mense wat nie Bybels het nie, so skielik moet sterwe. Maar daar is nie antwoorde vir hierdie vrae nie; altans nie nou al nie. Eendag sal ons wel weet en verstaan en heel waarskynlik beaam. Intussen gaan ons harte uit na Roelie, Suzanne, Johannes en Dawid.
Julle verloor 'n wonderlike vrou, ma en vriendin. Ons bid almal baie vir julle en glo die Here sal julle dra en weer optel. Baie, baie sterkte...
-ds Coenie, namens Suiderkruis Gemeente
MAAK 'N VERSKIL
Ons het in die afgelope tyd waaiers in die saal en foyer geïnstalleer en dit maak sommer 'n groot verskil. Verskeie van die kinderkerke en kinderlokale kort dringend waaiers omdat dit baie warm en bedompig is. Indien die Here dit op u hart lê om 'n waaier te skenk of 'n donasie vir waaiers te maak, kontak groot asb die kerkkantoor of een van die kinderkerkleiers. Elke bydrae sal 'n groot verskil maak. Ons benodig ook 'n CD-speler of musieksentrum by die kleuterkerk. -cjc
WEGHARDLOOP VRAGMOTOR
'n Mens lees gereeld van vragmotors wat eenvoudig net weghol wanneer hulle Pretoria van die Noordekant op die N1 inkom. Deesdae is daar op baie plekke 'n spesiale baan met 'n sandpit om groot vragmotors te rem wanneer hulle by kritieke afdraandes afkom. Dit laat my baie keer aan ons eie lewens dink. Hier aan die begin van die jaar voel 'n mens se lewe baie keer soos 'n vrag¬motor wat weghol. Dis werk en kerk en skool en sommer alles. Dis belangrik dat ons elkeen vir ons ook sandpitte inbou - plekke en geleenthede wat ons help om weer 'n bietjie stadiger te gaan. Daar is baie sandpitte: gesinstye, rus oor naweke, 'n mid-dagslapie op Sondag, 'n vinnige fliek in die mall, 'n entjie gaan stap en natuurlik kerk. Dis jammer as kerk een van die verpligtinge op 'n mens se pad raak; dit behoort 'n sandpit te wees, 'n plek om te kom rus. Hoe lyk jou sandpitte? Is daar genoeg? Stop jy nog af en toe in so 'n sandpit? Mag elke erediens die jaar soos 'n sandpit langs die pad wees, rustyd, stadiger-gaan-tyd, stilhou-tyd.–Coenie
EK KAN HELP
• Grafiese Ontwerp • VHS video na DVD • Plate & Audio Tapes na CD • Foto-skyfies na CD. Die omslag van die disc lyk soos die oorspronklike
Kontak my nou!! Annie Nieuwoudt – 072 038 3248
BELANGRIKE DATUMS
13 Febr: Doopkursus
6-9 April: Paasfees
WÊRELDBIDDAG VIR VROUE
Donderdag 1 Mrt 2012, 18:00 by Grimbeekpark Gemeente
Lofprysing begin 17:45
Tema: Leef regverdig, doen wat reg is!
Land: Maleisië
Al ons dames word hartlik uitgenooi om die geleent- heid by te woon.
SNOEKBRAAI & KUIER
Wat is nou lekkerder as 'n snoek met bottersous en appelkooskonfyt op die kole gebraai? Sit nou nog soet patats daarby en 'n lekker vars broodjie uit die oond en kyk net hoe lekker. Op 23 Maart om 18:30 gaan ons die lekkerste snoeke braai wat ons nou nog in Suid gebraai het.
Kaartjies vir Suid se snoekbraai op 23 Maart (18:00) is van volgende week af beskikbaar by die kerkkantoor teen R50pp. Die doel van die aand is om lekker snoek te eet, saam te kuier en geld in te samel vir ons gemeente wat tans 'n tekort het vir die huidige boekjaar. Doen dit vir die snoek of die kuier of die fondse, maar kom doen dit saam. Bring asb u eie drinkgoed, kampstoele en eetgerei. -cjc
VERJAARSDAE
Vandag: Lanita en Juanel Jv Vuuren
20 Februarie: LM Thafene
21 Februarie: Dorette Burgers, Charl Jooste
22 Februarie: Jos Bosman, Wimpie Diedericks, Annie Robertson
23 Februarie: Tim Flemming
24 Februarie: Geen Verjaarsdae
25 Februarie: Dina Ludick (80jr), Johan Klopper(Jr), Carla v Niekerk, Charine Erasmus, Brendan Klopper
WISE WORDS BY ANDY ROONEY
I've learned......
• That the best classroom in the world is at the feet of an elderly person.
• That just one person saying to me, 'You've made my day!' makes my day.
• That having a child fall asleep in your arms is one of the most peaceful feelings in the world.
• That being kind is more important than being right.
• That you should never say no to a gift from a child.
• That I can always pray for someone when I don't have the strength to help him in some other way.
• That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand.
• That simple walks with my father around the block on summer nights when I was a child did wonders for me as an adult.
• That we should be glad God doesn't give us everything we ask for.
• That it's those small daily happenings that make life so spectacular.
• That under everyone's hard shell is someone who wants to be appreciated and loved.
• That to ignore the facts does not change the facts.
• That when you plan to get even with someone, you are only letting that person continue to hurt you.
• That love, not time, heals all wounds.
• That the easiest way for me to grow as a person is to surround myself with people smarter than I am.
• That everyone you meet deserves to be greeted with a smile.
• That no one is perfect until you fall in love with them.
• That opportunities are never lost; someone will take the ones you miss.
• That when you harbor bitterness, happiness will dock elsewhere.
• That I wish I could have told my Mom that I love her one more time before she passed away.
• That one should keep his words both soft and tender, because tomorrow he may have to eat them.
• That a smile is an inexpensive way to improve your looks.
• That when your newly born grandchild holds your little finger in his little fist, that you're hooked for life.
• That everyone wants to live on top of the mountain, but all the happiness and growth occurs while you're climbing it.
• That the less time I have to work with, the more things I get done.
OVERVAALSTREEK MANNEKAMP
16-18 Maart 2012
Tema: In die voetspore van Jesus
‘n Jaar is verby sedert ons vorige mannekamp. Hierdie jaar se mannekamp vind plaas van 16-18 Maart 2012 net buite Potchefstroom op die plaas van Kobus van Zyl. Hierdie mannekamp is die droom van een persoon wat deur die werking van die Heilige Gees gelei het tot die stigting van ‘n nie-winsgewende organisasie naamlik Overvaal Streek Mannekamp.
Plek: Haaskraal gedeelte 35, Potchefstroom (kaart en koördinate op die webblad)
Wat: Interkerklike mannekamp waar die Woord van God verkondig word; Waar Christen manne God loof, prys, aanbid en eer; Waar manne geestelik verryk en versterk word, Waar manne in geloof hul verbind aan Jesus Christus as enigste Verlosser en Saligmaker; Waar mans openlik kies om God te dien; Waar mans openlik verklaar (soos in Jos 25:15): “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien!” Waar mans openlik bely (soos in Gal 2:20): “En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.”
Missie: Die suiwer verkondiging van God’s Woord - eerlik en opreg met die Bybel as enigste bron! Manne wat God aanbid, saamgesnoer as God se kinders oor kerkgrense heen. Manne wat soekend is te ondersteun in hul soeke en te lei tot ‘n ontmoeting met Jesus die enigste Weg, Waarheid en Lewe (Joh 14:6). ‘n Ondersteuningsbasis te skep vir elke man wat die kamp bywoon.
Program:
Vrydagaand 18:30-22:00
Saterdag oggend: 09:00-11:00
Saterdag middag: 14:00-16:00
Saterdag aand: 18:30-22:00 (saam Willie Joubert)
Sondag oggend: 09:00-11:00
Meer info by ons webblad by:
www.kampsaam.co.za of skakel Kobus v Zyl: 071689 4266
KINDERHOEKIE
Samuel salf ‘n ander koning - 1 Sam 16:1-5
Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het? Maak 'n horing vol olie en gaan na Betlehem toe! Ek stuur jou na Isai toe, want onder sy seuns sien Ek vir My 'n koning.”
Samuel vra toe: “Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak.” En die Here sê vir hom: “Neem 'n vers saam en sê: ‘Ek het gekom om vir die Here 'n offer te bring.’ Nooi dan vir Isai na die offer toe. Ek sal jou meedeel wat jy moet doen. Salf vir My dié een wat Ek jou sal beveel.”
Samuel het ge¬doen wat die Here gesê het. By sy aankoms in Bet¬lehem het die leiers van die stad hom ontsteld tege¬moet gekom en gesê: “Kom u in vrede?”
En hy het gesê: “Ja. Ek het gekom om vir die Here 'n offer te bring.
Reinig julle en kom saam met my na die offer toe.”
Maats, om ’n nuwe koning te salf was baie gevaarlik. As Saul dit moes hoor, kon Samuel en die nuwe koning se lewe in gevaar wees. Maar om profeet van die Here te wees, is geen maklike taak nie. Om die Here te dien beteken soms dat jy dinge moet doen wat nie altyd vir jou lekker, of maklik is nie. -Oom Ben