SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 21 Jan 2007
TEMA: Dissipelskap
LITURGIE
WIE |
WAT |
DETAIL |
BORD/MUSIEK |
|
Vooraf musiek |
|
Afkondig/program |
Liturg |
Welkom & groet |
|
welkom-1 |
Liturg |
Gebed |
|
1477 |
Liturg |
Oproep tot lof |
Psalms: 47:2-10 (Tersia) 113 117 134 (Coenie) |
7000 |
MG |
Lof |
“Wonderbare koning” (1-2) “‘n bietjie meer tyd” (1,r,2,r) “Stome van seën (1,4) “Ek roem U naam” (1,r,2,r) |
197 921 1005 724 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Soewereiniteit - Bang - Charl Jooste / Marie Joubert Job |
7100 |
MG |
Aanbidding |
“Is die toekoms” (1-3) “Die sin van my bestaan” (1-5) “Gees van God wat in my woon” (1-2) |
821 692 7200 442 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
1477 |
Liturg |
Skriflesing |
Luk 9:57-62, Mat 28:19 |
Skrif- |
Liturg |
Preek |
Hoe ver sal jy gaan? |
Preek |
Almal |
Toewyding |
|
1477 |
Liturg |
Gebed |
|
1477 |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
CD - Afkondings op bord |
Dankoffers-3 afkondig |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
“Soek allereers” (998) “Getuig getuig” (752) |
998 752 |
Liturg |
Seën |
|
|
PREEKSKETS
In Suid is daar ...
• 1000 volwassenes
• 200 dorpskinders
• 220 kinderhuiskinders
Totaal: Ongeveer 1400 mense
Tog is daar nie Sondae 1400 mense in die kerk nie.
Daar is nie 1400 mense by die basaar nie.
Daar is nie 1400 mense betrokke by dienswerk nie.
Daar is nie 1400 bedieninge nie.
In die reël is ongeveer 1/3 van alle lidmate betrokke in hul gemeentes.
Dis nie net in Suid die geval nie.
• Dis so in feitlik alle gemeentes.
• Dit is so in feiltik alle kerke.
• Dis wêreldwyd dieselfde.
• Moreleta
• Duet
Wat is die rede hiervoor?
Hoe verklaar ‘n mens dit?
Ek vermoed ‘n mens sou dit kon opsom met die woord: “dissipelskap”.
KOM-KYKERS
So paar jaar gelede het hulle by die kerk ingebreek en ‘n hele klomp goed gesteel:
• onder andere ons musieksentrum gesteel
• Ek hoor party mense noem dit regstellende aksie.
Gelukkig het die versekering dit uitbetaal...
• en ons kon ‘n ander enetjie koop.
Juis op die punt wat ons die tjek van die versekering ontvang, hoor ons daar maak ‘n nuwe GAME oop in die
Kolonade in Pretoria.
• Dis nou die sentrum waar jy sommer met jou helmet op gaan inkopies doen.
In elk geval: Die winkel sou 8 uur oopmaak.
Ons besluit toe: Ons sal lekker vroeg (7-uur) gaan want daar is ‘n beperkte voorraad van alles.
• En ons moet een kry.
Raai wat?
• Toe ons 7-uur daar kom, toe staan daar ‘n ry mense - ten minste 1 km lank.
• Ek het nog nooit so iets gesien nie.
• Hulle staan daar met met kosblikke/flesse ... die werke.
• Die voorste ouens staan al daar van die vorige aand af.
Dis darem wonderlik hoeveel mense kom as daar ‘n bargain is.
• As hy iets verniet kan kry.
• Of hy kan iets teen halfprys kry.
Terwyl ek in die ry staan, het ek besef: dis hoe die kerk ook is.
• Daar is ‘n massa mense wat net kom vir die bargains!
• Hy sal kom as daar iemand optree - en dit is verniet.
• Hy sal nie self bydra vir die basaar nie, maar hy sal vleis teen ‘n bargain kom koop.
• En wee die kerk as die vleis nie ‘n bargain is nie.
• Hy sal nie bydra by sy blok se stalletjie nie, maar hy sal kla dat die worsrolle uitverkoop is voordat hy
kon kry...
• Hy sal die hele jaar se eredienste mis, maar die nagmaal is hy daar.
‘N Mens noem dit jou “kom-kykers”.
Elke gemeente het sy kom-kykers.
Toe Jesus inry in Jerusalem, was die kom-kykers daar.
• Takke in die hande.
• Hosanna op die lippe.
• Miskien kondig Hy vandag ‘n bargain aan.
• Miskien sê Hy vandag dat Hy die nuwe Koning gaan wees.
• Laer belasting
• Beter lewensgehalte.
• Ja, hulle het gestaan van die ingang van Jerusalem tot by die tempel.
En toe Jesus 5 dae later weer deur die strate loop - met ‘n kruis op Sy rug.
• Toe is hulle weg.
• Nie een met ‘n palmtak nie.
• Nie een Hosanna nie.
In Jesus se tyd was dit ook maar so:
• Die dag toe Hy die brood vermeerder het, was die mans alleen 5000.
• Lyk soos ‘n mannekamp.
• Dit lyks soos Loftus op ‘n Saterdagmiddag.
• 5000 manne.
• En die dag toe Hy sterf: hoeveel manne was toe daar.
• Niks.
• ‘n Paar vroue het op ‘n afstand gestaan en huil.
• En die 5000 manne wat van die brood geëet het?
• Hulle was weg.
• Hulle kom net vir bargains - jy kry hulle nie by die kruis nie.
Kom-kykers.
Een van die grootste gevare in ‘n gemeente, is dat ons van tieners kom-kykers maak.
• As daar ‘n groot program is, is hulle daar.
• As daar ‘n band is, is hulle daar.
• As hulle iets kan kry, is hulle daar.
Maar moenie van hulle iets vra nie.
• Moenie vir hulle commitment vra nie.
• Moenie vir hulle vra om te gaan bid vir ‘n siek ou nie.
• Moenie vir hulle vra om te kom help met iets nie.
* Baie keer ons as ouers se skuld: my kind is so besig...akademie...sport...prestasies...nie by kerk betrokke.
Jy kry dit nie net onder tieners nie.
Jy kry dit ook by volwassenes.
• Soos die ou oom in die hospitaal ........ “O, is ds Strumpfer nou weg?”
• Kom-kyker.
• Hy het net lanklaas kom kyk.
VOLGELINGE
Die tweede groep wat ‘n mens in elke kerk of gemeente kry, is jou volgelinge.
Hulle het al geestelik gegroei.
• Hulle woon die eredienste redelik getrou by.
• As die diaken kom, gee hulle hul dankoffer.
• As hy nie kom nie, sal hulle heel moontlik die dankoffer vir hulleself hou.
• Hulle ondersteun die verskillende aksies van die kerk.
• Hulle is redelik lojaal teenoor die gemeente.
• Hulle help waar hulle gevra word om dit te doen.
In elke gemeente is daar ‘n groot aantal volgelinge.
• Hulle is betrokke.
...harde werkers.
...getrou
• In baie opsigte dra hulle die gemeente.
...goeie mense
Probleem:
• Nie noodwendig verbind tot geestelike groei nie.
• Sal daarom nie noodwendig by ‘n Bybelstudiegroep inskakel nie.
• Woon nie sommer ‘n biduur by die.
• Verbind hulself nie maklik in ‘n Bybelstudiegroep og omgeegroep nie.
• As iemand siek is, sal hulle iemand anders kry om vir hom te bid - sal nie sommer self ‘n gebed doen
nie.
• As iemand in die hospitaal is, sal hulle iemand reël om hom te gaan besoek: hulle sal nie sommer self
gaan nie.
Hulle volg Jesus sover dit vir hulle gerieflik is.
• Hulle skakel in sover dit vir hulle gerieflik is.
• Hulle gee ‘n bydrae wat vir hulself gerieflik is.
Ons kry ‘n mooi voorbeeld in Mat 8:18.
• Daar is groot groep volgelinge rondom Jesus.
• Hulle staan elke oggend vroeg op en loop agter Hom aan.
• Hulle kom soos die skrifgeleerde en sê: Here, ek wil U volg.
• Maar wanneer Jesus in die boot klim, draai hulle weer om en gaan huistoe.
• Hulle is nie daar wanneer die bootjie in die storm kom nie.
• Hulle is nie daar in die tuin waar gebid word nie.
• Dis interessant: ‘n klomp mense het gekom en gesê hulle wil Jesus volg.
• Maar toe Hy in die bootjie klim (Mat 8:23) - toe volg net Sy dissipels.
Dit bring ons by die derde groep:
DISSIPELS
Dissipels: Algemene praktyk in daardie tyd
Elke leermeester het dissipels gehad.
• ‘n Dissipel was ‘n lewenslange leerling van ‘n leermeester.
• Hy het alles geglo wat die leermeester glo.
• Hy het elke dag by die leermeester aangemeld en gesê: leer my!
• Sy grootste ideaal was om net soos hierdie leermeester van hom te wees.
• Hy sou sy lewe gee vir sy leermeester.
• Hy sou sterf, vir dit wat sy leermeester hom geleer het.
Jesus roep ons om dissipels te wees.
• Nie kom-kykers nie.
• Nie net volgelinge nie.
• Maar dissipels.
Wanneer Hy die groot opdrag gee, stuur Hy ons...
• Nie om groot programme aan te bied dat mense moet kom kyk nie...
• Hy stuur ons nie om nog volgelinge vir Hom te kry nie.
• Hy stuur ons om dissipels te gaan maak.
Wat is ‘n dissipel?
• Los alles t.w.v Jesus:
Mark 1:18 (Simon en Andreas) “Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg”
Mark 1:20 (Jakobus en Johannes) “Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in
die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.”
Mark 2:14 “Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir
Hom: Volg my. Levi het opgestaan en Hom gevolg.”
Om ‘n dissipel te wees beteken om van hierdie oomblik af vir Jesus die heel eerste plek in jou lewe te gee.
Jesus stel dit selfs nog baie radikaler:
• Luk 14:33 “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings
afstand te doen nie.”
• Luk 14:26 “As iemand na My toe wil kom, kan Hy nie My dissipel wees tensy hy afstand doen van
sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.
Nie net afstand doen van dinge nie, maar ook van jouself:
• Mat 16:24 “As Jesus agter my aan wil kom, moet Hy homself verloën, sy kruis dra, en my volg”
As ek my gesin en my talente en my geld en my besittings nog vir myself wil hou, is ek nie geskik om ‘n dissipel van
Jesus te wees nie.
• Om ‘n dissipel te wees beteken om vir God die heel eerste plek in my lewe te gee
• EN om alles wat ek het nou beskikbaar te stel vir Jesus.
• “Here, ek gee dit vir U”
• “Gebruik U dit net soos U wil”
• Ek doen afstand van dit.
• Ek doen afstand van my beheer daaroor.
• Besluit U.
• Getrou bly aan Sy woorde:
• Joh 8:31 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: As julle aan My woorde getrou bly, is julle
waarlik my dissipels.”
Paar stellings
• Jy kan nie nader aan God kom as jy nie Sy Woord glo nie.
• Jy kan nie ‘n disipel wees, as jy nie Sy Woord lees nie.
Groei in 2007?
• Bybellees
• Vashou aan dit wat jy gelees het
• Vrugte dra:
• Joh 15:8 “My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”
Ek het in die afgelope jaar ‘n paar vrugtebome uit my tuin verwyder:
• Afgesaag en uitgebrand
• Hoekom?
• Want ek bly nou 4 jaar daar en hulle het nog nooit perskes gedra nie.
• Wie wil nou ‘n perskeboom sonder perskes hê?
• Vrugte is nogal belangrik, nê!
Hoe lyk ‘n dissipel?
• ‘n Dissipel se eienskappe: liefde, blydkap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
• Spesiale opdrag:
Mark 1:17 “Hy het toe vir hulle gesê: Kom hier, kom saam met My en Ek sal julle vissers van
mense maak.”
Mat 28:19 “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissiples; doop hulle in die naam
van die Vader en die Seun en die Heilige Gees...”
SLOT
Elkeen van ons moet onsself evalueer:
• Is ek ‘n kom-kyker?
• Of ‘n volgeling?
• Of ‘n dissipel?
Is daar groei in my lewe?
• Beweeg ek geleidelik van kom-kyker na volgeling na dissipel?
• Of is ek presies waar ek 5 jaar gelede was?
Deesdae het elke instansie ‘n tydskrif en ‘n kaart.
• Eers het jy net jou persente by Clicks gekoop.
• Dit was ‘n gewone winkel gewees.
• Nou is dit ‘n klub waaraan jy behoort.
• Jy kry afslag op produkte.
• Jy kry ‘n klubkaartjie.
• Jy kry elke maand die tydskrif.
Maar as Clicks nou in die moeilikheid raak, dan los jy hom net so
• Dan gaan koop by ‘n ander winkel.
Hoekom?
• Want jy is net ‘n kliënt.
• ‘n Kom-kyker
• Jy het geen commitments teenoor Clicks.
* Dieselfde vir dokter, supermark, kerk...
Jesus roep ons nie om kliënte in sy kerk te word nie.
• Jesus roep ons om dissipels te word.
• Hy stuur ons om dissipels te maak.
Dissipels wat Hom vertrou, selfs al lyk dit of die bootjie wil sink.
Dissipels wat Hom volg, selfs al is Hy vir 3 dae in ‘n graf.
Dissipels wat Hom aanbid, al kan hulel Hom nie sien nie.
Dissipels wat aanhou glo, selfs al voel dit party dae sinneloos.
Die kerk het dissipels nodig.
• Mense wat hart en siel agter die Here aanloop.
• Wat nie net vir Hom wil werk nie, maar wat Hom beter en beter wil leer ken.
• Mense wat hulleself opoffer vir Hom.
• Mense wat hulleself uitspreek vir Hom.
• Mense wat bereid is om alle ander dinge in die lewe tweede te stel, en vir God eerste.
Purpose driven life (Doelgerigte lewe)
• Jy is geskep vir God se plesier
• Jy is geskep vir God se familie
• Jy is geskep om soos Christus te word
• Jy is geskep om God te dien
• Jy is geskep met ‘n missie / sending
Ons doel op aarde is nie om ‘n christen te wees nie - iemand wat in Christus glo.
• Ons doel is om al hoe meer soos Christus te word.
• Dis baie meer as net glo.
• Hy wil hê jy moet soos Hy word.
• Dink net as al die pappas soos Christus word...
• En die ma’s...
• En die huweliksmaats...
• Werkgewers en werknemers...
• Gal 5:22
• Bergpredikasie
• Dissipelskap = om saam met God op hierdie pad te gaan.
• Die dissipel se gebed is baie eenvoudig:
Here, ek wil soveel tyd saam met U spandeer
dat ek mettertyd soos U word.
Hoe vorm God dissipels? (Rick Warren)
• Deur die waarheid
• Deur teenspoed
• Deur versoekings (en weerstaan)
• (Deur gebed)
Groot vraag vanoggend: Hoe ver wil jy hierdie jaar gaan?
Is jy ‘n kom-kyker?
• God wil jou hierdie jaar verander na ‘n volgeling en dan ‘n dissipel.
Is jy ‘n volgeling?
• Kom word hierdie jaar ‘n dissipel.
• Kom aanbid.
• Kom leef
• Kom deel.
• Kom bemoedig
• Kom getuig.
• Kom groei.