SONDAG 25 Febr

SUIDERKRUIS GEMEENTE

Aanddiens


LITURGIE


WIE

WAT

DETAIL

BORD/MUSIEK

 

Vooraf musiek

 

Afkondig / program

Liturg

Welkom & groet

 

welkom

Liturg

Gebed

 

Stilgebed

Liturg

Oproep tot lof

 

Foto 1

MG

Lof

“Smile a while” 1009

“Dankie vir die more” 682

“Dankie” 699

“You’re my Shepherd” 1082

1009

682

699

1082

Liturg

Bevestiging van KR

“Ons aanvaar jou”

942

Liturg

Oproep tot aanbidding

Video: Asking Questions

1700

MG

Aanbidding

“Voel jy soms?” 1054

“Because He lives” 650

“Nader my God” 924

“Ons is gewonde mense” 939

1054

650

924

939

 

 

Record aan

Klank: Record

Ouderling

Voorbidding

 

 

Liturg

Skriflesing

Job 3

Skrif

Liturg

Preek

Selfmoord: onvergeeflike sonde of onvergeetlike seer?

Video: Let Go - open up

Preek


1701

JMG

Toewyding

“Shepherd of my soul”

“Change my heart oh God” 671

1702

671

Liturg

Gebed

 

Stilgebed

 

 

Record af

Klank: Stop Record

Diakens

Offergawe

Hulp

1703

Liturg

Afkondigings

 

 

MG

Lied

“Is die toekoms blink of duister” 821

 

Liturg

Seën

 

Foto2









PREEKSKETS


◙ Tema:


◙ Statistieke

1 miljoen per jaar

40& toename vanaf 1945

40 sekondes

3 sekondes


“Die skokkendste bevindings is dat die hoogste selfmoordsyfer nou nie meer onder bejaardes is nie, maar wel in die ouderdomsgroep 35 tot 44 jaar wat vir 57 percent van alle selfmoorde verantwoordelik is,” sê prof Lourens Schlebusch, internasionale selfmoordkenner en hoof van Departement Sielkunde by die Nelson R Mandela-Mediese Skool aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.



◙ Statistieke

Net by mense


◙ Bybel

Simson

Saul

Judas


◙ Oorsake

Ekonomiese en sosiale faktore

Ernstige siekte toestande

Demoniese mag

Depressie


◙ Tekens?

Dr Adelene Grobler, Departement Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat

Gee van hulle besittings weg,

opstel van ‘n testament,

onttrek van normale aktiwiteite,

gedagtes oor die dood fassineer hulle,

onlangse dood van ‘n geliefde,

gevoelens van hooploosheid en waardeloosheid,

verhoogde drank/dwelm misbruik,

verbale leidrade (“Ek beteken nie meer vir iemand iets nie”),

geïrriteerdheid en isolering van hulle self.


Kyk uit vir dié tekens:

 

                      Die persoon is behep met die dood, het ’n spesifieke plan vir ’n selfmoordpoging en die middele en vasberadenheid om dit deur te voer.

                      Daar is verskeie selfmoorddreigemente, notas of herhaalde stellings oor sy dood en daar was al voorheen ’n selfmoordpoging.

                      Hy of sy kan nie ophou praat oor ’n geliefde wat selfmoord gepleeg het nie en tref finale voorbereidings, soos om besittings weg te gee, ’n testament op te stel en verhoudings in orde te kry.

                      Die oënskynlik skielike oplossing van probleme bring ’n onnatuurlike kalmte mee wat selfmoord as die ideale uitweg aandui.

                      Hy het dalk redelik onlangs ’n swaar verlies gely, hetsy deur dood, egskeiding of vervreemding, of het iets baie dierbaar, soos ’n troeteldier, verloor.

                      Die persoon het dalk sy werk verloor of ’n drastiese verandering in finansiële sekuriteit of status beleef of moes skielik verhuis of van werk verander.

                      Hy beleef ernstige siekte en/of chroniese pyn.

                      Die persoon toon merkbare veranderings in motivering en gedrag en sy werk en prestasievermoë ly daaronder.

                      Hy kom gereeld laat of is afwesig sonder verskoning.

                      Daar is ’n merkbare afname in sosiale aktiwiteite en die persoon onttrek homself doelbewus van ander mense.

                      Hy steur hom nie meer aan stokperdjies of ander belange nie en is aggressief, buierig, gespanne, senuweeagtig en rusteloos.

                      Sy konsentrasievermoë is swak en hy kom verstrooid voor.

                      Fisieke skendings en self-toegediende beserings is sigbaar en hy raak roekeloos of misbruik dwelms of alkohol.

                      Daar is ’n besliste verandering in seksuele gedrag en die persoon kom verslons voor weens ’n gebrek aan belangstelling in persoonlike higiëne en voorkoms.

                      Hy wil geen toekomsplanne maak nie.

                      Daar is ’n merkbare verandering in persoonlikheid en hy sê gereeld hy haat homself of dat hy niks beteken nie.

                      Hy voel wanhopig, hulpeloos, verontreg en meen niemand waardeer hom nie.

                      Daar is tekens van akute depressie en die lewe word as te moeilik en pynlik beskou.

                      Hy huil maklik en vind geen plesier in enigiets nie.

                      Fisieke simptome is waarneembaar in sy aptytverlies, veranderde slaappatroon, permanente moegheid en gebrek aan energie.


◙ Onvergeeflike sonde?


Baie mense wonder of dit ‘n doodsonde is om selfmoord te pleeg. Wat hulle veral pla, is die vraag: Kan iemand wat sy eie lewe geneem het, nog in die hemel kom?

Die sesde gebod sê baie duidelik: “Jy mag nie moord pleeg nie.” Enige vorm van moord en doodslag is verkeerd, ook selfmoord. Die Heidelbergse Kategismus sê in sy verklaring van hierdie gebod: “Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie.”


God is die Gewer van die lewe. Elke baba wat gebore word, is ? geskenk van God aan sy of haar ouers. Niemand het dus die reg om te besluit oor die lewe van enige mens nie - behalwe in die geval van ’n regter wat ? moordenaar ter dood veroordeel en wat as regter in diens van God staan (Rom. 13). Niemand mag dus ook besluit daaroor of hy sal lewe of nie.


Niemand van ons het egter die reg om ? selfmoordenaar te veroordeel en te verdoem nie. Jesus het gesê dat slegs die mens wat sonder sonde is, die reg het om klippe na ? ander te gooi. Maar wie van ons is sonder sonde? Daarby moet ? mens onthou dat ? selfmoordenaar gewoonlik onder geweldige emosionele spanning verkeer. So ? persoon kan ook in ? baie diep put van depressie wees of hy kan soveel probleme hê dat hy geen oplossing meer daarvoor sien nie. Vir so ? mens hou die lewe geen sin meer in nie. Daarom sal dit baie voorbarig wees om ? oordeel uit te spreek oor iemand wat sy of haar lewe neem.


Kan ? selfmoordenaar in die hemel kom? Dit hang uitsluitlik af van so ? persoon se verhouding met Jesus Christus. Indien iemand tot wedergeboorte gekom het en in Christus glo, dan belowe die Here aan hom die ewige lewe (Joh. 3:16). Alle wedergeborenes en alle gelowiges hou aan sonde doen, maar ons glo dat daardie sonde nie my saligheid kan affekteer nie: Daar is dan nou geen veroordeling vir hulle wat in Christus Jesus is nie Rom. 8:1. Hier word ? gelowige tog vir altyd regverdig verklaar. (Heidelbergse Kategismus, Vraag en antwoord sestig. En Hy belowe tog niemand sal hulle uit my hand ruk nie Joh. 10:27, en, omdat julle glo word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid 1 Petrus 1:5.


Die fout wat mense maak is om te dink dat ? selfmoordenaar nie die geleentheid gehad het om sy sonde te bely en so vergifnis te ontvang nie. As dit waar sou wees van alle sonde, maak dit my saligheid afhanklik van my krampagtige sondebelydenis. Daarvolgens verdien ek dan my saligheid deur my sondebelydenis. Van Christus se versoeningswerk kom daar dan niks tereg nie.


Indien dit dan sou gebeur dat ? wedergeborene die sonde van selfmoord begaan, is dit ? sonde wat God soos enige ander sonde nooit kan goedkeur nie. Maar dit is ook ? sonde wat deur Christus vergewe word en wat so ? mens dus nooit uit die hemel sal hou nie.


Sors Geldenhuys


◙ Onvergeetlike seer?


LIG (Febr 2007)

Die 25-jarige Sharon Steyn- van Kempton Park beskou haarself as baie gelukkig. Sy het drie selfmoordpogings oorleef en dit lyk asof haar lewe uiteindelik op die regte pad is.


“My eerste poging was toe ek 14 en in graad nege was,” onthou sy. “Ek was ’n normale tiener toe my skoolwerk en die rusies tussen my ouers net te veel geraak het.” Sharon het haar polse gesny, maar haar ma kon haar betyds by die hospitaal kry.


Haar tweede poging was tydens haar matriekjaar toe die stres van ’n onstabiele huislike lewe en ’n alkoholis-pa haar na haar ma se bottel slaaptablette laat gryp het. “Ek wou net gehad het alles moet eindig,” onthou sy. “En toe sluk ek ’n handvol tablette.”


Weer eens is sy betyds gekry en in die hospitaal behandel, maar Sharon se lewe was steeds stukkend. “Ek het in die strik van drank en dwelms beland en alles het net erger geraak,” vertel sy. “Toe ek twee jaar gelede vir die derde keer selfmoord wou pleeg, was ek heeltemal histeries. Ek het God gesmeek om my te stop voordat dit te laat is, maar ek het geweet dit was onmoontlik omdat niemand vir ure naby die huis sou kom nie. Ek het die slaaptablette en ’n glas brandewyn gereed gehad.”


God hét egter na haar geluister en hulp in die vorm van ’n vriend, Paul, gestuur. “Dit was te vreemd,” sê sy. “Hy was uitstedig en sou eers twee dae later terugkeer, maar iets het hom aangepor om sy sakebesoek met twee dae kort te knip en vir my te kom kuier.”

Paul het Sharon op die rand van selfmoord gevind en vir ure met haar gesels en haar sodoende oorreed om van haar planne af te sien en hulp te kry. “God se ingryping en Paul se deursettingsvermoë het gewerk. Ek het vrywillig by ’n rehabilitasieprogram ingeskakel waar ek van my dwelm- en alkoholprobleem bevry is. Ek kon ook uiteindelik ’n werk behou en het die skerwe van my lewe opgetel en aanmekaar gelas,” vertel sy.


“En dit net omdat ’n vriend genoeg vir my omgegee het.”


◙ Onvergeetlike seer?


Shirley skryf (8 Febr 2007) op web...

My pa het onlangs selfmoord gepleeg. Hy was altyd 'n baie vriendelike persoon, 'n wonderlike mens. Met groot skok het hy onlangs selfmoord gepleeg. Dit het my familie onderstebo gegooi en elke dag mis ons hom so baie. Die hartseer is altyd daar, so baie vrae, ons het dit nie een sien kom nie. Ek mis hom ongelooflik en wil net graag weet hoe om dit te verwerk, dis baie moeilik om te aanvaar ek gaan hom nooit weer sien nie, nooit weer sy lag hoor nie, ek gaan hom nooit weer kan vashou nie. Die verlange is groot, en die spasie wat hy ons hart gehad het is nog groter. Ek het net my ma en my jonger broer, ek bekommer my oor my ma en hoop elke dag haar hartseer word minder. Ek soek net raad, vertoosting en wens ek kan hom nog net eenkeer sien...


◙ Onvergeetlike seer?


Miskien sit jy vanaand met so ‘n onvergeetlike seer...

                      Pa/ma selfmoord gepleeg

                      Jy is kwaad / verbitterd / verward

                      OF jy sit met ‘n seer in jou lewe waarvoor jy nie langer kans sien nie...


Uitnooi en uitdaag

                      Kom gee jou seer vir die Here...

                      Kom sê vir Hom presies hoe jy voel...

                      Vra vir Hom om jou op te tel...

                      Vra vir Hom om alle selfmoordgedagtes by jou weg te neem...

                                              agv ongehoorsaamheid

                                              die seer wat jy vir ander gaan nalaat


[ Video ]


◙ Hulp:        (tydens kollekte)


Life Line-hoofkantoor: (0 728-1347

SA Depressie- en Angsondersteuningsgroep (Sadag) tolvry: 0800 567 567

Krisislyn: 0860 103 055

Telefriend: (011) 922-9999

Kohin (hulp aan leerders): (012) 347-1674

Bevrienders Internasionaal:

(051) 448-3000; http://www.befrienders.org/

Internasionale Vereniging vir die Voorkoming van Selfmoord: http://www.iasp1960.org/

Famsa-hoofkantoor: (011) 975-7106; http://www.famsa.org.za/; famsa@global.co.za

Jou kerk.