SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 2007
TEMA:
LITURGIE
WIE |
WAT |
DETAIL |
BORD/MUSIEK |
|
Vooraf musiek |
|
Afkondig Faith Forgive |
Liturg |
Welkom & groet |
|
welkom-1 |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Oproep |
Musiek: Oorwinningslied Bybelkoerant: “Omstrede Rabbi Jesus tereggestel” (p73) “Jesus se verhoor ‘n klug, sê regsgeleerde” (p73) “Godslastering of hoogverraad” (p73) |
Kruis Sketse |
MG |
Sang (gedenk) |
LB387:1-3 “O Heer uit bloed en wonde” HL80:1-2 “Daar’s ‘n dierbare kruis” (697) |
387 697 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Opgestaan met krag van atoombom |
opstaan |
MG |
Aanbidding |
LB409:1-3 “Hoor jy die paasfeesklokke?” LB423:1-3 “Kom laat ons almal vrolik” LB400:1-5 “Juig, juig in Hom” LB417:1-2 “Jesus ons eer U” |
409 423 400 417 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Skriflesing |
Kol 2:6-15 (Teks v14-15) |
Skrif-1 |
Liturg |
Preek |
Het Jesus regtig gewen? |
Preek |
Almal |
Toewyding |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
Dankoffers- afkondig |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
“Oorwinningslied” (1-3) |
947 |
Liturg |
Seën |
|
|
PREEKSKETS
◙
Laas week: twee koning - skaakmat - Jesus het gewen.
Carman: Jesus is die “champion”
Bely dit dikwels in die kerk.
• JR53 “Hy’s oorwinnaar oor die dood en Hy is Heer”
• LB423 “Ons Heiland is oorwinnaar”
As Jesus regtig gewen het:
• waarom het die duiwel nogsteeds so baie mag?
• waarom sterf mense nogsteeds jonk en wreed?
• waarom al die siektes en goed?
• waarom voel dit of die slegte dinge net al meer word?
Watter veskil het Jesus se kruisdood regtig gemaak?
Wat is vandag anders omdat Jesus gesterf het?
◙
DIE DUIWEL SE PLAN
Lank, lank gelede het die duiwel in opstand gekom teen God.
• Jud 1:6 “Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag.”
• 2 Pet 2:4 “God het selfs die engele wat gesondig het, nie gespaar nie. Hy het hulle in die hel gestort en hulle laat boei om in die duisternis gevange gehou te word vir die oordeel.”
•
Hy is saam met ‘n derde van die engele uit die hemel uitgegooi.
• oorlog
• weet God is sterker as hy
• weet God gaan hom wen
Die duiwel weet wat is sy uiteinde
• poel van vuur
Openb 20:10 “Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
• “voorberei vir die duiwel en sy engele”
Mat 25:41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is”
Soveel as moontlik mense saam met hom laat gaan.
• Joh 8:44 “Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ‘n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.”
• 1 Tim 3:6 “Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland.”
◙
DIE DUIWEL SE STRATEGIE
Duiwel het baie beperkte mag.
• Hy kan nie jou lewe wegvat nie.
• Hy kan nie vir jou siektes gee nie.
• Voorbeeld: Job
• Die duiwel het God se toestemming nodig.
• God bepaal hoe ver mag hy gaan.
Hoe werk hy dan?
• leuenaar
• aanklaer
Sy name:
• duiwel - diabolos - om uit mekaar te gooi, om teen mekaar op te hits, aan te kla
• satan - vyand of teenstander - iemand wat hindernisse op die pad lê
Sy strategie:
• Hy kla jou aan by God.
• Hy wys op alles wat jy verkeerd doen / gedoen het.
• Lê ‘n hele klagstaat voor God van al jou foute.
• Hy eis dat jy verlore moet gaan.
• Skryf jou naam op vir die poel van vuur.
◙
JESUS SE KRUISDOOD
Watter verskil maak Jesus se kruisdood?
• 2000 jaar gelede
• Sterf vir al ons sonde.
• Neem al ons sonde op Hom.
Kol 2
• v14 “Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.”
• Ons klagstate was saam met Jesus aan die kruis
Wat beteken dit alles?
• Jesus het vir elke klag op jou klagstaat gesterf.
• Hy het die volle prys betaal.
Watter verskil maak dit? (AS JY AAN GOD BEHOORT)
• Die duiwel kan jou nie meer aankla nie - jou skuld is betaal.
• Jy kan nooit in die poel van vuur beland nie.
• Die aardse dood het sy tande verloor.
◙
Ten slotte:
Die verhaal van die skoolhoof